![]() |
Verlore Harte, n ritmiese storm, vol energie, diepte en ‘n terugblik van nostalgie…
Met sy eerste album: Ken jy my?, het Izak reeds homself gevestig as een van ons land se gewildste kunstenaars en met sy nuutste vrystelling: Verlore Harte is Izak hier om al sy bewonderaars weereens ‘n album, propvol treffers te bied. Die album repertoire sluit in: Die titelsnit: Verlore Harte, Genade en Verlei my wat uit die pen vloei van een van ons land se beste liedjie skrywers: Rudi Claase. Johan Vorster van die Eden faam is ook een van die trotse liedjie skrywers op hierdie album. Izak het groot geword in Lady Grey en is beslis met talent geseen en die musiek verhoog is glad nie vir hom vreemd nie. Met sy dans diploma het hy talle titelrolle vertolk. Op die lys is Joseph and the Amazing technicolour dreamcoat, Jesus Crist Superstar, The Sleeping Beauty, Pippen, The Queen Show en Life at Centre Stage asook ‘n rolprentdebuut as ‘n headbanger in die BBC-Fliek Uncle Max. Twee Huisgenoot voorblaaie, ‘n You en Drum voorblad, onrderhoude onder andere in Beeld, Rapport, Heat, Vrouekeur, Sarie, mense, people, Finesse, Sondag asook televisie verskynings op Kwela, DNKT (vir meer as ses weke op die top 10), Jukebox, MK en MK Live, Sweepslag en Cook Magic het seker gemaak dat Izak hier is om te bly! Hy het ook eerste in Suid Afrika gekom in die Heat 100 se sexyste man en het vierde ter wereld geindig. Verlore harte sal vanaf middel Junie landswyd beskikbaar wees. Vir optrede-navrae of besprekings kontak Mericke de Wilde: 082 415 9041 |